Die SAOU verwelkom verifiëring teen die Kinderbeskermingsregister
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Aug 6
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) verwelkom die hofbevel dat alle opvoedkundige personeel wat met leerders in aanraking kom, teen die Kinderbeskermingsregister geverifieer moet word.
Maroela Media berig dié proses moet teen 31 Maart 2027 afgehandel wees.
Volgens die SAOU wys bewerings van seksuele wangedrag deur opvoeders die omvang van die probleem.
Die unie waarsku egter dat die sukses van die verifiëringsproses ook afhang van die vermoë van ander staatsinstellings om oortreders doeltreffend te ondersoek en te vervolg. Die uitvoerende beampte van die SAOU, Paul Sauer, sê die gebrek aan kapasiteit van polisiestasies en die Departement van Justisie stel leerders ook in gevaar.
Hy sê die onvermoë van 'n stelsel om oortreders te ondersoek en te vervolg lei tot seksuele oortredingsake wat vir lang periodes uitgestel word.








Comments