top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die SAPD identifiseer 162 misdaadsindikate

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 31
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) het die afgelope twee jaar 162 georganiseerde misdaadsindikate geïdentifiseer.


Die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, sê minstens 12 polisielede is in dié tyd ondersoek oor beweerde samespanning met misdaadgroepe.


Agt beamptes is geskors en twee is afgedank.


Suid-Afrika het intussen net 62 van die 371 vermeende sindikaatleiers wat geïdentifiseer is, suksesvol vervolg en skuldig bevind.


Firoz Cachalia. FOTO: Facebook
Firoz Cachalia. FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page