Die SAPD soek gegradueerdes vir die Valke en ander gespesialiseerde eenhede

4 days ago
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) wil gekwalifiseerde gegradueerdes met spesifieke vaardighede werf vir moontlike plasing in gespesialiseerde polisie-eenhede.
Dit sluit die Valke, Speur- en Forensiese Dienste en Misdaadintelligensie in.
Gegradueerdes in die regte, polisiewerk, kriminologie, wetstoepassing, forensiese ondersoeke en inligtingstegnologie kan oorweeg word.
Die SAPD het ook aanlyn aansoeke geopen vir 5 500 poste vir polisierekrute vir die 2026/27-boekjaar.
’n Polisiewoordvoerder, kolonel Amanda van Wyk, sê Suid-Afrikaners tussen 18 en 35 jaar, wat geen kriminele rekord of hangende strafregtelike sake het nie, kan aansoek doen.









Comments