top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die skietstaking in Gaza is uitgestel

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 19, 2025
  • 1 min read

Die skietstaking wat om halfnege Sondagoggend in Gaza in werking moes tree, is uitgestel. Die Israelse weermag sê die skietstaking kan eers in werking tree wanneer Hamas sy verpligtinge nagekom het. Volgens berigte het die weermag vanoggend teikens in die noorde en sentraal-Gaza getref. SABC-nuus berig die vertraging hou verband met Hamas se versuim om die name te verskaf van die drie Israelse gyselaars wat vandag ingevolge die ooreenkoms vrygelaat moet word. LEES MEER: Gaza-skietstilstand moet Sondagoggend in werking tree ‘n Woordvoerder van die Israelse weermag, Daniel Hagari, sê Israel sal met sy militêre optrede in Gaza voortgaan tot Hamas sy verpligtinge nakom. Hamas het vroeër aangedui dat hy verbind is tot die skietstakingsooreenkoms, en dat die name van die gyselaars weens tegniese redes nog nie verskaf kon word nie.

 
 
 

Comments


bottom of page