Die SOE bespaar die regering miljarde

Oct 7
1 min read
Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het die regering R28.5-miljard gedurende die 2025/26-boekjaar bespaar deur middel van herwinnings, voorkoming van verliese en tersydestelling van kontrakte.
Die bedrag het R1.9-miljard in potensiële verliese ingesluit wat voorkom is, R936-miljoen in kontant en bates wat verhaal is, en meer as R25.7-miljard in kontrakte wat deur regstappe tersyde gestel is.
Die SOE sê hulle het ook byna 6 000 ondersoeke gesluit, 761 kriminele verwysings na die Nasionale Vervolgingsgesag gemaak en 460 amptenare vir dissiplinêre stappe verwys.









Comments