Die soektog na ’n bekende volstruisboer duur voort

Sep 29
1 min read
Die soektog na die bekende volstruisboer Saag Jonker van Oudtshoorn duur voort nadat hy Sondag met sy bakkie deur vloedwater meegesleur is.
Volgens Maroela Media is die 85-jarige Jonker deur die water meegesleur toe hy ’n laagwaterbrug oor die Olifantsrivier, sowat drie kilometer buite Oudtshoorn, oorgesteek het.
Sy familie het bevestig dat die rivier ná swaar reën in die opvangsgebied suid van Beaufort-Wes in volle vloed is.
’n Omvattende soektog is kort ná die voorval van stapel gestuur. Duikers, hommeltuie en ’n AMS-helikopter het die gebied deursoek.
Volgens Jonker se familie was hy besig om sy gewone rondtes en inspeksies op die plase te doen.









Comments