top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Soetdoring-reservaat word opgeknap

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 21, 2025
1 min read

Die Soetdoring-natuurreservaat naby Bloemfontein is een van twee reservate in die Vrystaat wat weens instandhouding en herstelwerk steeds gesluit is. Netwerk24 berig die Vrystaatse LUR vir toerisme, Ketso Makume, sê daar word aan die watersuiweringsaanleg, store en kantoor by Soetdoring gewerk. By die Sterkfontein-resevaat aan die suidwestekant van Harrismith, wat ook nog gesluit is, word instandhouding- en herstelwerk aan die verblyfgeriewe gedoen. Makuma voeg by besoekers kan weens konnektiwiteitsprobleme nog nie aanlyn bespreek nie. In die 2023-’24 boekjaar het die 14 natuurreservate gesamentlik ‘n inkomste van oor die R8 miljoen gehad, en bykans 100 000 besoekers het die reservate in dié jaar besoek.

 
 
 

Comments


bottom of page