top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die speaker vra vir sterker verantwoordbaarheid in openbare besteding

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
7 days ago
1 min read

Die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, het 'n beroep gedoen op sterker parlementêre toesig en verantwoordbaarheid om te verseker dat openbare fondse behoorlik bestuur word.


Sy het Dinsdag by die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskapsorganisasie van Openbare Rekeningkomitees se spitsberaad in Kempton Park in Gauteng gepraat.


Didiza sê openbare rekeningkomitees moet onafhanklik en nipartydig weese-, terwyl lede behoorlike opleiding en tegniese ondersteuning benodig.


Sy sê ouditbevindinge moet ook lei tot gevolge vir diegene wat verantwoordelik is vir finansiële wangedrag, eerder as om herhaaldelik onopgelos te bly.


Thoko Didiza. FOTO: Polity
Thoko Didiza. FOTO: Polity

 
 
 

Comments


bottom of page