Die speke gaan sing in Bloemfontein

Jul 13
1 min read
Bloemfontein verwelkom dié naweek sowat 350 bergfietsryers, van 13-jarige deelnemers tot elite-ryers, wanneer die laaste been van die Suid-Afrikaanse Bergfietsbekerkampioenskap by die Happy Valley-bewaringsgebied aangebied word.
Bloemnuus-Express berig die kampioenskap dien ook as die nasionale kampioenskap en 'n interprovinsiale uitdaging.
Die byeenkoms vind oor drie dae plaas, met oefenritte op Vrydag, kortbaanwedrenne op Saterdag en die hoofwedren op 'n uitdagende 4,5 kilometer-roete op Sondag.
Toeskouers kan die wedrenne gratis bywoon.









Comments