Die Spesiale Ondersoekeenheid besorg R1.7 miljard terug aan NSFAS
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 7 days ago
- 1 min read
Die Spesiale Ondersoekeenheid (SOE) het R1.7 miljard aan die Nasionale Studente Finansiële Hulpskema (NSFAS) terugbesorg.
Die geld is van universiteite, TVET-kolleges en studente wat nie vir befondsing gekwalifiseer het nie, verhaal.
In 'n mediaverklaring sê die SOE die bedrag is deel van die R2 miljard wat hulle tot dusver ontvang het.
Hierdie nie-toegekende fondse verteenwoordig ook finansiële hulpbronne wat aangewys is vir studente wat vir befondsing gekwalifiseer het, maar later van instelling verander het of gederegistreer het.
Die Universiteit van die Vrystaat het ‘n tweede betaling van byna R70 miljoen in dié terugvordering van ontoegekende fondse gemaak.







Comments