top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die 'spookhospitaal' se lot word ondersoek

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Sep 26, 2024
1 min read

ʼn Openbare-private-vennootskap kan moontlik die antwoord op die Kempton Park-hospitaal se lot wees. Maroela Media berig die hospitaal, wat ook bekend is as die spookhospitaal, staan sedert 1997 leeg en miljoene rande is al bestee aan veiligheidsdienste by die hospitaal wat intussen ʼn speelplek vir vandale en sogenaamde spookjagters geword het. Potensiële private vennote is genooi  om voorstelle in te dien oor die gebou se toekoms nadat die Gautengse Finansieringsagentskap vir Infrastruktuur hulle voorwaardelike assessering van die gebou einde Junie voltooi het. Om die fasiliteit te sloop en te herbou of om die hele hospitaal op te knap was destyds twee voorgestelde moontlikhede. Beide die opsies het groot finansiele inplikasies vir die Gautengse departement van gesondheid ingehou en die begroting was nie voldoende om enige van die twee opsies te onderneem nie.

 
 
 

Comments


bottom of page