top of page

Sportorganisasies is 'nie verhewe bo die parlement se gesag nie'

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 13, 2025
  • 1 min read

Updated: Dec 15, 2025

Die voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Sport, Kuns en Kultuur, Joe McGluwa, sê geen organisasie is verhewe bo die parlement se grondwetlike gesag nie.


Dit kom nadat die Inligtingsreguleerder Vrydag bevestig het dat die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting nie gebruik kan word om toesig te blokkeer nie.


Volgens McGluwa het verskeie entiteite wat voor die komitee verskyn het, beweer dat dit die wetgewing se privaatheidsbepalings oortree.


Hy voeg by dat die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging (Safa) onder diegene is wat op die wet staatgemaak het toe hulle sommige van die komitee se vrae beantwoord het.


McGluwa sê Safa het ‘n kultuur om inligting van die komitee te weerhou.


Joe McGluwa. FOTO: TimesLIVE
Joe McGluwa. FOTO: TimesLIVE

 
 
 

Comments


bottom of page