top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Springbokke behaal ‘n gemaklike oorwinning oor Georgië

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jul 21, 2025
1 min read

RUGBY:  Die Springbokke het Saterdag 'n gemaklike 55-10 oorwinning oor Georgië by die Mbombela-stadion behaal. Die wêreldkampioene het nege drieë gehardloop, met debutant-haker Marnus van der Merwe wat die vertoning gesteel het met twee drieë in sy tuisdorp, Nelspruit. News24 berig ten spyte van die gemak van die oorwinning, was dit nie die Bokke se beste vertoning nie, aangesien hulle verskeie hanteerfoute maak en hul aanslag nie so vloeiend was soos aanhangers die afgelope tyd gewoond geraak het nie. Ten spyte van 'n ietwat foutgeneigde vertoning, sal Bok-afrigter Rassie Erasmus tevrede wees met die diepte wat hy die afgelope maand opgebou het.

 
 
 

Comments


bottom of page