Die SRD bly voorlopig in die begroting ingesluit
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Apr 5
- 1 min read
Die maatskaplike noodlenigingstoelae (SRD) sal nie beëindig word nie. So bevestig die minister van Finansies, Enoch Godongwana. Die toelae van R370 per maand bly beskikbaar terwyl ‘n hersiening van die arbeidsmark bepaal of dit in ‘n permanente werkloosheidstoelae omskep kan word. Moontlike opsies sluit ‘n werksoekers- of entrepreneurstoelae in. Godongwana erken hoë werkloosheid en beklemtoon ekonomiese groei en infrastruktuurbelegging as oplossings. Hy het parlementslede aangemoedig om voorstelle aan die minister van Werkskepping en Arbeid, Nomakhosazana Meth, voor te lê.





Comments