Die staat betaal miljoene vir ‘n verlamde verpleegster se slaggat-eis
- Armando Pieters

- Jul 21
- 1 min read
ʼn Verpleegster van die Noordwes wat verlam gelaat is in ʼn ongeluk, nadat haar motor ʼn slaggat getref het, het meer as R25 miljoen in skadevergoeding van dié provinsie se Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer ontvang. Maroela Media berig Beauty Mmabatho was sedert 2014, ná haar ongeluk, vir jare in ʼn hofstryd met die departement gewikkel totdat adjunk-regterpresident van die hooggeregshof in Mahikeng, Tebogo Djaje, haar eis toegestaan het. Mmabatho het in November 2014 deur ʼn slaggat gery wat veroorsaak het dat sy beheer oor haar motor verloor het en dit begin rol het. ʼn Fraktuur aan die T3- en T4-werwels in haar rug het haar ʼn parapleeg gemaak. Die departement het die naweek aan City Press bevestig die volle bedrag is reeds uitbetaal.





Comments