Die staat is gekant teen borgtog in Medicare24-saak
- Saamgestel deur Jana Roos

- Mar 25
- 1 min read
Die staat staan die borgtogaansoek teen van die eerste beskuldigde in die multimiljoenrand Medicare24 tendersaak.
SABC-nuus berig die staat sê die tenderpreneur, Vusimuzi Cat Matlala, is reeds in aanhouding in verband met 'n ander saak. Hy en vyftien ander - insluitend senior polisiebeamptes - verskyn in die Pretoriase landdroshof op aanklagte van bedrog, geldwassery en korrupsie. Die staat staan nie die borgtog van die ander aangeklaagdes teen nie.
Beweerde ongerymdhede by 'n tender aan Medicare24 het tydens die Madlanga kommissie van ondersoek aan die lig gekom.
Die regering het intussen die in hegtenisneming Matlala en die polisiebeamptes verwelkom.








Comments