Die staat neem beheer van die Mangaung-korrektiewe sentrum oor
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 3
- 1 min read
Die Departement van Korrektiewe Dienste sê hy is gereed om vanaf 1 Julie die bestuur van die Mangaung-korrektiewe sentrum in Bloemfontein oor te neem.
Hulle voeg in 'n mediaverklaring by die verandering volg nadat die 25-jarige openbare-private vennootskapsooreenkoms tussen die departement en Bloemfontein Correctional Contracts aan die einde van Junie verstryk.
Die departement sê uitgebreide voorbereidingswerk is reeds gedoen om 'n gladde oorgang te verseker en dat alle gevangenes steeds as maksimum-sekuriteitsgevangenes geklassifiseer word.
Die departement het ook bevestig dat daar steeds regsprosesse aan die gang is oor die oordrag van G4S-werknemers wat tans by die sentrum werksaam is.








Comments