Stadige ekonomiese groei bekommer vir Cosatu
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 4 days ago
- 1 min read
Updated: 3 days ago
Cosatu is bekommerd oor die land se stadige ekonomiese groei.
Die jongste Bruto Binnelandse Produk (BBP)-data toon groei van 0.5% vir die derde kwartaal van die jaar.
Dit is die vierde toename in ekonomiese groei vir vier agtereenvolgende kwartale.
Cosatu se parlementêre koördineerder, Matthew Parks, sê egter dat dit te stadig is om ‘n betekenisvolle impak op werkskepping te hê.
LUISTER HIER:
Matthew Parks






Comments