Die stigter van CNN, Ted Turner, is oorlede
- Saamgestel deur Jana Roos

- 3 days ago
- 1 min read
Die mediamagnaat Ted Turner, wat die moderne 24-uur-nuuskultuur gevorm het met die bekendstelling van die CNN-kanaal, is in die ouderdom van 87 oorlede.
Die BBC berig Turner het in 1980 die Cable News Network begin — die wêreld se eerste toegewyde deurlopende nuuskanaal — wat gou ’n kernrol in die medialandskap begin speel het.
Binne ’n dekade het dié kanaal die grondslag gevorm van die Turner Broadcasting System (of, TBS), en Turner het een van die invloedrykste mediamagnate in die VSA geword. Hy het selfs vir ’n aantal jare in CNN se hoofkantoor gewoon en was bekend daarvoor dat hy gereeld in sy kamerjas deur die nuuskantoor gestap het, gretig om oor die dag se nuus te debatteer.
Turner was ook vir ’n dekade lank getroud met die aktrise Jane Fonda.








Comments