top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die stryd teen die Bela-wet gaan volstoom voort

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Dec 27, 2024
  • 1 min read

Volgens die bestuurshoof van Solidariteit, Dirk Herman, het hul regspan reeds opdrag ontvang om vir regsaksies voor te berei. Dit volg nadat die Bela-wet kennisgewing vandeesweek in die Staatskoerant geplaas is. Maroela Media berig, volgens Herman is die kennisgewing onvoldoende. Hy voeg by dat wanneer dit by kinders kom, gaan hulle nie tevrede wees met beloftes van die president wat nie in die Staatskoerant verskyn nie. Hy sê die Bela-onderhandelingsproses het weereens bewys die ANC kan nie vertrou word nie. Herman voeg by dat hulle gelukkig nie van die ANC se welwillendheid vir hul kinders se toekoms afhanklik is nie. Solidariteit se veldtog rus op drie pilare - veg, beskerm en bou, en volgens hulle vorm hierdie drie pilare saam ’n kragtige strategie.

 
 
 

Comments


bottom of page