top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Suid-Afrikaanse Inskomstediens weier om by belasting-politiek ingetrek te word

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 3, 2025
1 min read

Te midde van hernieude oproepe vir die implementering van ‘n welvaartbelasting het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens weer geweier om by die politiek van belasting ingetrek te word. In ‘n poging om die Nasionale Tesourie se begrotingstekort te oorbrug word die belasting op hoogs rykes gereeld voorgehou as ‘n alternatief om armer huishoudings te belas. Die inkomstediens is Woensdag weer uitgevrae oor planne vir ‘n moontlike welvaartbelasting toe die belastingowerheid sy 2024/25-belastinginkomste-uitkomste bekend gemaak het. Welvaartbelasting is in wese ‘n belasting gebaseer op die totale waarde van ‘n persoon se bates. Die inkomstediens se kommissaris, Edward Kieswetter, sê die belastingowerheid gaan nie standpunt oor die aangeleentheid inneem nie.

 
 
 

Comments


bottom of page