top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Suid-Afrikaanse Weermag ontken bewerings dat troepe in die DRK gestrand is

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 19, 2025
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag ontken bewerings dat ‘n groep Suid-Afrikaanse troepe in die oostelike Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) gestrand is. Dit volg na berigte van busse wat bedoel was om soldate van Goma terug na Suid-Afrika te vervoer nie opgedaag het nie. Te midde van spanning tussen die DRK se gewapende magte en M23-rebelle is ongeveer drieduisend Suid-Afrikaanse soldate sedert Desember 2023 in ‘n vredespoging daar gestasioneer. Die weermag het laat Sondagaand in ‘n verklaring bevestig dat planne nog op koers is om alle troepe veilig uit die DRK te onttrek.

 
 
 

Comments


bottom of page