top of page

Die Supertifoon Ragasa saai verwoesting in die suide van Asië

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 24
  • 1 min read

Ten minste 14 mense is dood en 124 vermis nadat 'n dam in Taiwan oorspoel het te midde van die Supertifoon Ragasa se uitbarsting.

Ragasa het reeds bome ontwortel en dakke van geboue af geruk.

The Guardian berig Hong Kong en dele van die suidelike deel van China se owerhede het honderde duisende mense ontruim en minstens 10 stede beveel om skole en sommige besighede te sluit.

Die storm sal na verwagting Woensdag China se Guangdong-provinsie bereik, met owerhede wat waarsku teen ‘n katastrofiese situasie.

 
 
 

Comments


bottom of page