top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die SUT werk aan sterker internasionale akademiese bande

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
20 minutes ago
1 min read

Die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) in die Vrystaat ondersoek die moontlikheid om met Harvard Medical School en Michigan State University in die Verenigde State saam te werk.


Volgens die SUT het gesprekke met twee besoekende akademici gefokus op moontlike vennootskappe in navorsing, onderrig en leer, asook die uitruil van kennis.


’n Gesondheidsgeograaf by Harvard Medical School, Dr. Dee Jordaan, en prof. Ashton Shortridge van Michigan State University, bied tans ’n werkswinkel oor geografiese inligtingstelsels en afstandswaarneming in QwaQwa aan.


Die moontlike samewerking kan navorsing en innovasie versterk, nuwe geleenthede vir personeel en studente skep en kundigheid help benut om maatskaplike uitdagings aan te pak.


FOTO: SUT
FOTO: SUT

 
 
 

Comments


bottom of page