top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Vrystaatse polisie loods hul operasie vir ’n veiliger feestyd

Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
Saamgestel deur Nadia Pieters
59 minutes ago
1 min read

Die Vrystaatse polisie loods dié week hul Operasie vir ’n Veiliger Feestyd in Bultfontein.

Volgens die polisie is die doel om misdaadvoorkoming op te skerp, polisie-sigbaarheid te verhoog en wetstoepassing gedurende die feestyd te versterk.


Gerigte operasies, padblokkades en ander misdaadvoorkomingsaksies vorm deel van die plan. Die polisie sal ook met ander wetstoepassingsagentskappe en belanghebbendes saamwerk om misdaad te bekamp en ’n veiliger omgewing vir inwoners, ondernemings en besoekers te skep.


Mense word aangemoedig om misdaad aan te meld en inligting met die polisie te deel wat kan help om misdaad te voorkom en op te los.


Ter illustrasie. FOTO: EWN
Ter illustrasie. FOTO: EWN

 
 
 

Comments


bottom of page