Die Swart Sakeraad eis streng strawwe teen korrupsie-beskuldigdes
- Armando Pieters

- Aug 7
- 1 min read
Die Swart Sakeraad sê strenger strawwe moet opgelê word aan mense in die land wat aan korrupsie skuldig bevind word. Die organisasie het gereageer op bewerings dat die geskorste hoof- uitvoerende beampte van die Independent Development Trust, Tebogo Malaka, probeer het om ‘n joernalis om te koop. Die voorval het na bewering ‘n paar dae na haar skorsing plaasgevind. Sy is geskors nadat ‘n ondersoek onreëlmatighede in verband met die trust se suurstofaanlegte-skandaal van R836 miljoen getoon het. Die Swart Sakeraad doen ‘n beroep dat die reg in hierdie saak sy gang moet gaan.





Comments