Die tafeldruif- en rosynebedryf berei vir ‘n massiewe oes voor
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jan 12
- 1 min read
Die Suid-Afrikaanse tafeldruif- en rosynebedryf maak vanjaar vir ‘n massiewe seisoen gereed.
Dit met die verwagting dat die Oranjeriviervallei 85% van die nasionale oes sal produseer.
Die voorsitter van die Oranjerivierprodusentevereniging, Gabriël Viljoen, het aan SABC News gesê die komende seisoen lyk baie goed, met nuut-geplante variëteite wat baie beter produksieresultate lewer.
Viljoen sê daar sal ‘n toename van ongeveer twee tot drie-miljoen ekstra bokse druiwe van 4.5kg hierdie komende seisoen wees.
Hy het ook herhaal dat produsente ooreengekom het om ‘n 30%-uitvoertarief vir die Verenigde State met Amerikaanse kopers te verdeel om te verseker dat vrugte steeds na die Verenigde State vloei.







Comments