top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die tekort aan Trump-geldhulp tref Vrystaatwelsyn se voorstoep

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Mar 6, 2025
1 min read

Die opskorting van finansiële hulp raak nou Vrystaatse welsynsorganisasies direk. Netwerk24 berig dat welsynsorganisasies in die Vrystaat se meubels en motors glo binnekort teruggeneem gaan word. Die direkteur van Childline Free State, Marietha Johnson, sê die organisasie het Donderdag ’n brief ontvang wat hulle inlig dat die voorlopige 90-dae opskorting van buitelandse finansiële hulp nou finaal is. Sy moes blykbaar onmiddellik byna 50 werknemers uit diens stel. Die personeel kon sedert die opskorting nie meer met behoeftige kinders kontak maak nie. Alhoewel Pepfar se R900 000-finansiering elke maand nie hul enigste bron was nie, was dit glo verreweg die grootste. Johnson sê hulle sal steeds met Childline se 24-uur-hulplyn voortgaan en hulpdienste aan die Mangaung Metro Munisipaliteit bied, maar hulle kan nie meer hul dienste aan die res van die Vrystaat verskaf nie.

 
 
 

Comments


bottom of page