top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die Tesourie se terughouding van munisipale fondse word afgekeur

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Jul 11
  • 1 min read

Die Finansiële en Fiskale Kommissie (FFK) keur die Nasionale Tesourie se terughouding van befondsing aan munisipaliteite vir finansiële oortredings af. Die kommissie bevraagteken of dit in lyn is met die Grondwet.


Die Tesourie het hierdie week opgetree teen finansiële wanbestuur deur aan te kondig dat 69 munisipaliteite nie hul kwartaallikse billike aandeel hierdie maand sal ontvang nie.


Die FFK, wat die regering en die parlement oor finansiële sake adviseer, sê dat hierdie mag nie ongekontroleerd kan voortgaan nie en dat die parlement ‘n plig het om die billikheid van die besluit binne 30 dae te ondersoek.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page