top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die TID Rollover in Maguang verloop glad

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 19, 2024
1 min read

Mangaung is binne skedule om alle elektrisiteitsmeters in ooreenstemming met die internasionale Token Identifier (TID) Rollover by te werk. Volgens Centlec is daar ‘n paar kliënte wat bekommerd is en wat wil verifieer of hul voorafbetaalde meters werklik van KRN 1 na KRN 2 omgeskakel is, terwyl ander sê die kodes wat hulle ontvang deur die meters verwerp word. Hulle herinner alle inwoners dat die kodes wat tans op sosialemediaplatforms gesirkuleer word, slegs aan Eskom-kliënte gerig is, en dat Centlec nie enige kodes uitgereik het nie. Centlec-kliënte word aangemoedig om enige vorm van kommunikasie wat nie op ‘n amptelike Centlec-briefhoof en wat nie hul handelsmerkbeeld dra nie, te ignoreer en slegs te konsentreer op inligting wat op hul platforms gesirkuleer word.

 
 
 

Comments


bottom of page