top of page

Die toestand van die R75-pad in die Vrystaat bly 'n tameletjie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jul 26
  • 1 min read

Groot kommer heers oor die voortgesette agteruitgang van die R57-pad tussen Kestell en Reitz in die Vrystaat.

Die DA se woordvoerder oor paaie en vervoer in die Vrystaatse wetgewer, Jafta Mokoena, sê boere steun swaar op hierdie pad om hul produkte te vervoer en die huidige toestand daarvan pootjie produktiwiteit en padveiligheid.

Maroela Media berig die toestand van die pad is reeds in 2016, toe dit gebou is, aan die voormalige LUR vir paaie en vervoer geopper. In daardie stadium het die departement gesê daar was begrotingsbeperkings.

Die pad is onlangs aan Sanral oorgegee.

 
 
 

Comments


bottom of page