top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die tou by Beitbrug is nou net 8km lank

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 30
  • 1 min read

Die verkeersopeenhoping buite die Beitbrug-grenspos by Musina het begin afneem nadat die Grensbestuursowerheid met Zimbabwiese grensowerhede in gesprek getree het.


Volgens Arrive Alive het 'n opeenhoping van vragmotors vroeër die week veroorsaak dat die tou sowat 20km lank was.


Die Grensbestuursowerheid sê die lang wagtye was die gevolg van stadige verwerking en beperkte parkeerplek aan die Zimbabwiese kant van die grens.


Die tou is intussen tot sowat 8km verkort.


FOTO: Arrive Alive
FOTO: Arrive Alive





 
 
 

Comments


bottom of page