top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'Die transformasie van SA se ekonomie bly ’n prioriteit'

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 11
  • 1 min read

Die minister van handel, nywerheid en mededinging, Parks Tau, sê die transformasie van Suid-Afrika se ekonomie bly ’n prioriteit en dat daar geen verskoning is om inklusiewe groei na te streef nie.


Tau het die opmerkings gemaak tydens ’n vergadering met die Zoeloe-nasie se koninklike kanselier, Inkosi Malusi Zondi, in Richardsbaai. Besprekings het gefokus op ondersteuning vir Tongaat Hulett en ArcelorMittal, asook regeringsaansporingsprogramme.


Tau sê die regering bly daartoe verbind om werkgeleenthede te beskerm, swart nyweraars te ondersteun en ekonomiese ineenstorting in sleutelbedrywe te voorkom.


Parks Tau. FOTO: SABC
Parks Tau. FOTO: SABC

 
 
 

Comments


bottom of page