Die tweede SAPD Vrystaat POLMED-padwedloop vind vandag in Bloemfontein plaas

Bloemfonteiners word gevra om kennis te neem van verhoogde aktiwiteit rondom Bobbiespark waar die tweede SAPD Vrystaat POLMED-padwedloop plaasvind.
Die wedloop het Saterdagoggend begin, met die 21 kilometer-afstand wat om sesuur weggespring het, gevolg deur die 10 kilometer om kwart oor ses en die 5 kilometer om halfsewe.
Bobbiespark dien as die begin- en eindpunt van al drie afstande.
Die geleentheid word deur die Vrystaatse SAPD, die SAPD Atletiekklub en POLMED aangebied en is deur Atletiek Vrystaat goedgekeur.
Motoriste word aangeraai om versigtig te bestuur en rekening te hou met moontlike verkeersopeenhopings, voetgangers en atlete in die omgewing.
Die wedloop vorm deel van die SAPD se fokus op fiksheid, gesondheid en gemeenskapsbetrokkenheid.









Comments