Die tyd van salaris ontvang sonder om te werk 'is verby'
- Armando Pieters

- Jun 23
- 1 min read
Regeringsamptenare wat salarisse verdien maar geen werk doen nie, se tyd is verby. Dit was die boodskap van die Vrystaatse premier, MaQueen Letshoa-Mathae, tydens ‘n sitting van die uitvoerende raad in Bloemfontein waarop staatsentiteite beoordeel is. Netwerk24 berig die Vrystaatse Ontwikkelingskorporasie en die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit se spesiale ekonomiese sone is by die sitting geleentheid gegun om voorleggings oor die stand van die organisasies te doen. Die premier het voorheen reeds kommer uitgespreek oor dié entiteite wat hoofsaaklik klein, plaaslike ondernemings moet ondersteun sodat hulle kan floreer en sodoende die ekonomie kan laat groei. Sy het benadruk dat diegene in bestuursposte hul mandaat behoorlik moet uitvoer vir die vergoeding wat hulle ontvang.





Comments