top of page

Die uitstel vir kommentaar oor die Bela-regulasies word verwelkom

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 4
  • 1 min read

Die verlenging van die sperdatum vir openbare kommentaar oor die sogenaamde Bela-regulasies is deur AfriForum verwelkom. Die regulasies, wat toelating en kapasiteit in openbare skole raak, is in Augustus vir kommentaar gepubliseer met ’n sluitingsdatum van 5 September. Dit is nou tot 5 Oktober verleng. AfriForum se hoof van Kultuursake, Alana Bailey, sê die ekstra tyd gee instellings, organisasies en individue die geleentheid om weldeurdagte insette te lewer. Sy beklemtoon dat onsekerheid oor vae regulasies tot duur regsaksies kan lei, en vra dat besware nou ingedien word.

 
 
 

Comments


bottom of page