Die Universiteit van die Vrystaat kry ‘n nuwe visekanselier

Hester Klopper is as die nuwe visekanselier en rektor van die Universiteit van die Vrystaat (UV) aangewys. Volgens die voorsitter van die univesiteitsraad, David Noko, plaas Klopper se akademiese uitnemendheid en wêreldwye erkenning, leierskap en strategiese visie, toewyding tot transformasie en inklusiwiteit, sowel as haar innovering en navorsingsimpak plaas haar in die ideale posisie om die Universiteit van die Vrystaat te lei. Maroela Media berig Klopper het op haar beurt gesê sy is diep geëer en verootmoedig om as visekanselier en rektor van die universiteit te dien.Sy het verder gesê sy is daartoe verbind om te verseker die UV ʼn baken van kennis, geleenthede en vooruitgang vir almal bly. Klopper sal die 15de visekanselier en rektor van die UV wees.








Comments