Die Universiteit van Kaapstad stel 'n beleid op oor KI
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 27, 2025
- 1 min read
Die Universiteit van Kaapstad het 'n nuwe beleid van stapel gestuur om as riglyn te dien vir die gebruik van kunsmatige intelligensie (KI) in onderrig en leer.
Die beleid fokus na bewering op die etiese en verantwoordelike gebruik van KI deur studente en personeel.
Die universiteit sê dié stap erken die rol van KI in daaglikse lewe en die potensiaal om onderwys te verryk.
Eyewitness News berig die direkteur van die sentrum vir innovasie in onderrig en leer, Sukaina Walji, sê daar is enorme potensiaal vir AI om doelwitte rondom veeltaligheid, toegangklikheid en innoverende onderrigmetodes te help verwesenlik.






Comments