Die UV baan ‘n digitale pad vir Suid-Afrikaanse gebaretaal
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 2, 2025
- 1 min read
In hul strewe om die digitale wêreld meer inklusief te maak en Suid-Afrikaanse gebaretaal te bevorder, het die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein vergader om die uitkomste van 'n baanbrekende taal- en tegnologieprojek te beoordeel. Luidens ‘n aanlyn artikel van die UV poog die projek om te verseker dat dowe Suid-Afrikaners wat gebaretaal gebruik, nie agtergelaat word namate die digitale wêreld vinnig ontwikkel nie. Die projek begin met die bou van fundamentele gereedskap, insluitend rekenaarleesbare data wat dit moontlik maak om gebaretaal in toekomstige tegnologieplatforms te integreer. Volgens die hoof van die UV se Departement van Suid-Afrikaanse Gebaretaal en Dowe Studies, Annalene van Staden, voorsien hulle ‘n toekoms waar tegnologie nie ‘n hinddernis is nie, maar ‘n brug wat doofgeleide innovasie ondersteun en kommunikasie verbeter.






Comments