Die UV behaal platinumstatus
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 25, 2025
- 1 min read
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) is as een van Suid-Afrika se top-presterende universiteite in kampusgesondheid en -welstand erken.
Luidens ‘n aanlyn plasing het die instelling Platinumstatus in die FISU Gesonde Kampusprogram verwerf en 'n uitstaande 95% in die jongste sertifiseringsproses behaal.
Hierdie prestasie weerspieël die UV se verbintenis tot holistiese welstand, volhoubaarheid en 'n studentgesentreerde kampuservaring – wat verseker dat hul studente en personeel fisies, geestelik, sosiaal en akademies floreer.
Verder bring hierdie internasionale erkenning ook tasbare voordele vir die UV-gemeenskap.
Studente kan uitsien na verhoogde toegang tot gesondheids- en welstandsprogramme; versterkte ondersteuning vir geestesgesondheid; groter sosiale samehorigheid; en verbeterde akademiese prestasie.







Comments