Die UV belê in hul studente
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 15
- 1 min read
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het R35 miljoen belê in 'n nuwe nagraadse mediese simulasiesentrum om dokters en spesialis-studente beter vir werklike kliniese situasies voor te berei.
Volgens ‘n aanlyn artikel is die sentrum is op die universiteit se Bloemfontein-kampus ingerig en sal amptelik volgende maand open.
Die sentrum boots hospitaalomgewings soos teaters, intensiewesorgeenhede en mediese sale na waar gesondheidswerkers gevorderde prosedures in 'n veilige omgewing kan inoefen.
Dit beskik ook oor een van die eerste biomediese 3D-drukkers van sy soort by 'n Suid-Afrikaanse Universiteit.
Die UV sê die sentrum sal nie net opleiding verbeter nie, maar ook navorsing, innovasie en samewerking in gesondheidsorg bevorder.








Comments