Die UV bereik ‘n ooreenkoms met studente
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 16
- 1 min read
Die Uitvoerende Komitee van die Universiteit van die Vrystaat (UV) en die Kampusstudenterade van hul drie kampusse het 'n ooreenkoms bereik oor die implementering van die uitfasering van voorlopige registrasie.
SABC News berig daar is ooreengekom dat voorlopige registrasie oor 'n tydperk van twee jaar (2026-2027) uitgefaseer sal word.
Die universiteit sê vanaf 1 Januarie 2026 sal alle studente op 'n volledig geregistreerde stelsel wees.
Intussen sal die agt betogers, vermoedelik UV-studente, wat gisteroggend in hegtenis geneem is vir die versperring van DF Malherbe-laan langs hek 5 van die Bloem-kampus, binnekort in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn.
Polisiewoordvoerder, Lt. Kol. Thabo Covane, sê in ‘n mediaverklaring daar is ‘n saak van openbare geweld teen die ses mans en twee vroue geopen, asook ‘n bykomende aanklag van oortreding van die padverkeerswet.






Comments