Die UV beveel ’n verpligte dobbelmodule aan
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 6 hours ago
- 1 min read
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het aanbeveel dat ’n verpligte module oor dobbelgeletterdheid aan studente by hoëronderwysinstellings aangebied word. Dit kom te midde van die toenemende probleem van aanlyn dobbelary en weddenskappe.
News24 berig 'n 30-minute-module tydens studente se registrasie word voorgestel.
Die waarnemende assistentdirekteur vir studenteleierskapsontwikkeling by die UV, Nothando Hlophe, sê studente het tydens die instelling van ’n finansiële geletterdheidsprogram op kampus verlede jaar aangedui dat hulle eerder dobbel as om geld te spaar.
Die studente beweer hulle neem eerder ’n kans om hul toelae van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) te vermeerder as om dit te spaar.
Die universiteit sê baie studente ly aan finansiële wanbestuur, en nie ’n gebrek aan befondsing nie.








Comments