top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Die UV beveel ’n verpligte dobbelmodule aan

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Jun 24
1 min read

Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het aanbeveel dat ’n verpligte module oor dobbelgeletterdheid aan studente by hoëronderwysinstellings aangebied word. Dit kom te midde van die toenemende probleem van aanlyn dobbelary en weddenskappe.


News24 berig 'n 30-minute-module tydens studente se registrasie word voorgestel.


Die waarnemende assistentdirekteur vir studenteleierskapsontwikkeling by die UV, Nothando Hlophe, sê studente het tydens die instelling van ’n finansiële geletterdheidsprogram op kampus verlede jaar aangedui dat hulle eerder dobbel as om geld te spaar.


Die studente beweer hulle neem eerder ’n kans om hul toelae van die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente (NSFAS) te vermeerder as om dit te spaar.


Die universiteit sê baie studente ly aan finansiële wanbestuur, en nie ’n gebrek aan befondsing nie.


Ter illustrasie. FOTO: Wix
Ter illustrasie. FOTO: Wix

 
 
 

Comments


bottom of page