Die UV bring jong wetenskaplikes se stories na TV-skerms
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die Universiteit van die Vrystaat neem die stories van jong wetenskaplikes uit klaskamers en laboratoriums na televisie.
Die universiteit het die nuwe reeks, IdeeMakers, by die Naval Hill-planetarium in Bloemfontein bekendgestel.
Die agt-delige dokumentêre reeks volg jong deelnemers wat aan die Tritech-wetenskap- en tegnologiekompetisie deelneem, waar hulle werklike probleme ondersoek, idees toets en hul projekte ontwikkel.
Volgens ‘n aanlyn artikel van die universiteit is die doel om wetenskap meer toeganklik te maak en jongmense aan te moedig om loopbane in wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde te oorweeg.
Die reeks wys ook hoe nuuskierigheid in skole kan lei tot navorsing en innovasie, en hoe samewerking tussen skole, universiteite en die breër gemeenskap nuwe idees kan ontsluit.








Comments