Die UV neem kameelperd-navorsing na nuwe hoogtes
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 23
- 1 min read
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) sal eersdaags amptelik die kameelperdnavorsingsprogram en infrastruktuurfasiliteit by die Amanzi Privaat Wildreservaat, naby Bloemfontein, bekendstel.
Die program is 'n eerste van sy soort ter wêreld, en is toegewy aan die bevordering van plaaslike en internasionale studie en bewaring van kameelperde.
Luidens ‘n aanlyn artikel merk die bekendstelling die volgende fase in 'n navorsingsreis wat die UV reeds aan die voorpunt van kameelperdwetenskap geplaas het.
Oor die afgelope dekade het 'n span navorsers, gelei deur prof. Francois Deacon van die Departement Dierkunde, beduidende bydraes tot die begrip van kameelperdgedrag, fisiologie en ekologie gelewer.






Comments