Die UV onthul 'n nuwe isotooplaboratorium
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jul 6
- 1 min read
'n Nuwe isotooplaboratorium is by die Departement Chemie aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gevestig. Dit is daarop gemik om navorsing oor stabiele ligisotope te bevorder en die universiteit se analitiese vermoëns in hierdie gespesialiseerde veld te versterk.
Volgens die UV se webtuiste maak dit ’n wye verskeidenheid navorsing moontlik – van die nasporing van voedingstofsiklusse in ekostelsels en die rekonstruksie van diere se dieet, tot die identifisering van bronne van waterbesoedeling en die verifiëring van die egtheid van voedselprodukte.
Die laboratorium is toegerus met die nuutste tegnologie.
Die UV sê die isotooplaboratorium beloof om ’n belangrike rol te speel in die bevordering van interdissiplinêre navorsing.








Comments