Die UV sluit ‘n kampus en skort lesings op
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Oct 15
- 1 min read
Alle lesings is by die Universiteit van die Vrystaat (UV) se hoofkampus in Bloemfontein sowel as hul Suid-kampus is tot verdere kennisgewing opgeskort.
Verder word beweging tussen 19:00 en 7:00 beperk.
FS-online berig die UV se QwaQwa-kampus is gesluit en studente was versoek om die kampus binne 24 uur te verlaat.
Die sluiting volg na voortdurende protesoptogte oor die universiteit se besluit om voorlopige registrasie vanaf 2026 te beëindig, asook oor 'n betwiste skuldkonsessie-ooreenkoms van R30 000.
Terwyl die institusionele Studenteverteenwoordigende Raad tot die skuldverligtingsreëling ingestem het, het die QwaQwa-kampus-se studenteraad dit verwerp en gesê dat dit nie die finansiële realiteite van die meeste studente aanspreek nie.






Comments