Die UV spog met 'n mikroskoop wat die eerste in sy soort in Afrika is
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het 'n gespesialiseerde mikroskoop onthul wat na bewering die eerste van sy soort in Afrika is. Daarmee saam is 'n opgegradeerde nematologielaboratorium geopen.
Nematologie is die studie van mikroskopiese rondewurms wat in grond en water voorkom en waarvan sommige gewasse kan beskadig.
Good Things Guy berig die Leica LMD6-laser-mikrodisseksiemikroskoop is 'n hoogs gespesialiseerde instrument wat navorsers in staat stel om spesifieke selle of uiters klein strukture uit 'n monster te isoleer vir meer diepgaande ontleding.
Die nuwe laboratorium beskik nou oor toegewyde ruimtes vir die onttrekking en verwerking van monsters, 'n koelkamer vir berging en moderne navorsingstoerusting. Dit skep nuwe moontlikhede vir gevorderde navorsing op gebiede soos DNS-volgordebepaling, genetika, parasiete in wilde diere, veeartsenykunde en biodiversiteit.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder vir UV-navorsers is die mikroskoop veral opwindend omdat dit hulle sal help om bloedparasiete in wilde diere, insluitend voëls, reptiele en amfibieë, baie meer volledig te bestudeer.
LUISTER HIER:
TRANSKRIPSIE:
Benewens akademiese navorsing ondersteun die laboratorium ook boere en bedryfsvennote deur diagnostiese dienste te lewer, doeltreffendheidstoetse uit te voer en navorsing oor meer volhoubare maniere om plantparasitiese nematodes te beheer. Die opgegradeerde laboratorium en die nuwe mikroskoop verteenwoordig saam 'n belangrike stap vorentoe vir die universiteit se navorsingsvermoë. Dit sal ook waardevolle praktiese opleidingsgeleenthede skep vir honneurs-, meesters-, doktorale en postdoktorale studente.








Comments