Die UV staak die gebruik van KI-opsporingsagteware

Jun 17
1 min read
Die Universiteit van die Vrystaat gaan vanaf Julie nie meer kunsmatige intelligensie-opsporingsagteware gebruik om akademiese werk te evalueer nie.
Volgens My City Bloemfontein volg die besluit op toenemende internasionale kommer oor die akkuraatheid en betroubaarheid van dié tegnologie.
Professor Anthea Rhoda sê akademiese integriteit bly 'n kernbeginsel van die universiteit, maar die instelling wil eerder op akademiese oordeel, deursigtige assesseringspraktyke en die verantwoordelike gebruik van generatiewe KI fokus.
Die universiteit sê plagiaat- en ooreenkomskontroles sal steeds gebruik word, terwyl die nuwe benadering kritiese denke, kreatiwiteit en die etiese gebruik van KI moet bevorder.









Comments