Die UV stel ’n nuwe biobank bekend
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
Die Universiteit van die Vrystaat (UV) het ’n nuwe biobank bekend gestel om mediese navorsing in die provinsie te versterk.
Volgens die universiteit is die fasiliteit daarop gemik om te verseker dat mense in die Vrystaat beter verteenwoordig word in biomediese navorsing.
Die biobank sal menslike biologiese monsters, insluitend bloed en DNS, versamel en bewaar om navorsing oor siektepatrone en behandeling te ondersteun.
Hoof van navorsing en ontwikkeling aan die Skool vir Kliniese Geneeskunde, Claire Barrett, se in ‘n aanlyn artikel alle monsters word onder streng etiese en gehaltebeheerprosesse bestuur.
Die universiteit sê die inisiatief sal ook help om die volgende geslag kliniese navorsers en wetenskaplikes op te lei.
Die projek vorm deel van pogings om gesondheidsnavorsing te verbeter en internasionale samewerking te versterk.








Comments